Genesis 44:24-28 Die Boodskap (DB)

24. Daarna is ons huis toe en ons het ons pa van alles vertel. Presies soos u gesê het.

25. Na ’n ruk het ons pa gesê ons moet teruggaan om kos te koop.

26. Ons het oor en oor vir hom gesê: ‘Pa weet mos ons kan nie teruggaan nie. Ons kan net gaan as ons jongste broer saamgaan. Sonder hom wil die man ons nooit weer sien nie.’

27. Ons pa het egter volgehou: ‘Julle weet tog Ragel het my net twee seuns gegee.

28. Een seun het net verdwyn. Tot vandag toe het ek hom nooit weer gesien nie en moet ek maar die storie glo dat wilde diere hom verskeur het.

Genesis 44