Genesis 29:29-32 Die Boodskap (DB)

29. Laban het toe sy slavin Bilha vir Ragel gegee.

30. Jakob het by Ragel geslaap en hy was baie lief vir haar. Hy het haar liewer gehad as vir Lea. En hy het nog sewe jaar vir Laban gewerk.

31. Die Here het gesien dat Jakob nie lief was vir Lea nie. Hy het Lea toe baie vrugbaar gemaak, maar Ragel was kinderloos.

32. Lea het ’n seun in die wêreld gebring en hom Ruben genoem en gesê: “Die Here het my hartseer raakgesien. Nou sal my man my uiteindelik liefhê.”

Genesis 29