Ester 3:1-2 Die Boodskap (DB)

1. ’n Ruk hierna het koning Ahasveros ’n man met die naam Haman tot eerste minister bevorder. Hy was tweede in bevel van die land, net onder die koning self. Haman was die seun van Hammedata, ’n afstammeling van koning Agag van die Amalekiete.

2. Op bevel van die koning moes al sy paleisamptenare voor Haman buig om hulle respek vir hom te wys. Almal van hulle het dit gedoen, behalwe Mordegai. Hy het geweier.

Ester 3