Esra 2:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Hier is nou ’n lys van die families wat teruggegaan het. Nebukadnesar was die koning van Babel. Hy het baie Judeërs gevange geneem en saamgevat na Babel toe. Van hulle het die mense hier onder teruggegaan na Jerusalem toe en na die provinsie Juda om te gaan bly waar hulle voorheen gewoon het.

2. Hulle het saam met Serubbabel, Jesua, Nehemia, Seraja, Reëlaja, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna teruggekeer. Die getalle van elke familie was soos volg:

3. Paros 2 170;

4. Sefatja 372;

5. Arag 775;

6. Pagat-Moab (afstammelinge van Jesua en Joab) 2 812;

7. Elam 1 254;

8. Sattu 945;

59-60. Daar was mense wat saamgekom het wat nie kon sê aan watter familie hulle behoort het nie. Hulle het gekom van Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer. Hulle was op ’n manier familie van Delaja, Tobija en Nekoda. Daar was altesaam 652 van hulle.

61-62. Daar was priesters wat nie kon sê aan watter families hulle behoort het nie. Dit was die groepe van Gabaja, Kos en Barsillai (wat getroud was met ’n dogter van die Gileadiet Barsillai en toe na hom vernoem is). Hulle is ook nie as priesters aanvaar nie.

Esra 2