Esegiël 14:6-12 Die Boodskap (DB)

6. “Daarom, gaan sê vir Israel die Here sê: Draai om! Draai weg van julle afgode af. Hou op om voor julle afgode te buig en hulle te aanbid, en aanbid My. En hou op met julle slegte dade.

7. Ek is die Here, en Ek sal almal straf wat voor afgode buig en slegte dade doen. Of dit ’n vreemdeling of ’n Israeliet is wat My verwerp en voor afgode gaan buig, Ek sal hulle straf as hulle dan die vermetelheid het om te kom vra wat Ek vir hulle te sê het.

8. Ek sal self teen sulke mense draai en ’n vreeslike voorbeeld van hulle maak. Ek sal hulle vernietig en hulle weggooi sodat hulle nie meer deel van my volk is nie. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is.

9. En as iemand vir hierdie mense sê hy praat namens My, en hy lieg, sal dit wees omdat Ek hulle wil straf. Ek sal al sulke mense uitroei en vernietig, en hulle sal nie deel van my volk wees nie.

10. Die man wat sê hy praat namens My en die mense wat gaan vra het wat die Here oor hulle te sê het, sal almal saam gestraf word oor hulle slegte dade.

11. Só sal my volk leer om nie van My af weg te loop agter ander gode aan nie. Hulle het hulleself vuil gesmeer met al hulle slegte dade. As dit ophou gebeur, sal jou mense my mense wees, en Ek sal hulle God wees,” sê die Here, Esegiël se God.

12. Die Here het weer met my gepraat:

Esegiël 14