Eksodus 5:17-20 Die Boodskap (DB)

17. Hy het vir hulle gesê: “Julle is net lui. Julle wil nie werk nie, en daarom kom julle met hierdie storie van ‘ons wil vir die Here gaan offer’.

18. Gaan loop doen julle werk. Julle sal nie strooi kry nie. Sorg dat julle net soveel stene maak soos altyd.”

19. Die manne wat oor die volk aangestel was, het toe besef dat hulle in ’n groot gemors beland het. Daar was nie ’n manier om daaruit te kom nie. Hulle sou maar moes sorg dat daar elke dag net soveel stene gemaak word soos vantevore.

20. Toe hulle van die farao af weggaan, kry hulle vir Moses en Aäron wat vir hulle gestaan en wag het.

Eksodus 5