15. Hierdie manne het toe by die farao gaan kla: “Hoekom maak u nou so met u werkers?
16. Ons en die mense wat die stene maak, kry nie meer strooi vir die werk nie. Maar u verwag dat ons nog net soveel stene moet maak soos voorheen. Die mense wat oor die werk toesig hou, word selfs geslaan. Intussen lê die skuld by u eie mense.”
17. Hy het vir hulle gesê: “Julle is net lui. Julle wil nie werk nie, en daarom kom julle met hierdie storie van ‘ons wil vir die Here gaan offer’.
18. Gaan loop doen julle werk. Julle sal nie strooi kry nie. Sorg dat julle net soveel stene maak soos altyd.”