Eksodus 5:11-16 Die Boodskap (DB)

11. Van nou af sal julle dit self moet loop soek. Dis julle saak waar julle dit in die hande gaan kry. Maar julle moet elke dag nog net soveel stene maak soos julle altyd gemaak het.”

12. Van toe af moes die volk oor die hele Egipte gaan soek waar hulle grasstoppels in die hande kon kry. Hulle moes dit in die plek van strooi gebruik om die stene te maak.

13. Die manne wat oor hulle aangestel was, het dit vir hulle baie moeilik gemaak. Hulle het die volk gedwing om net soveel stene te maak soos voorheen toe hulle die strooi by die Egiptenaars gekry het.

14. Die farao het selfs die manne wat oor hulle aangestel is, laat slaan en hulle beskuldig dat hulle nie sorg dat daar net soveel stene soos altyd gemaak word nie.

15. Hierdie manne het toe by die farao gaan kla: “Hoekom maak u nou so met u werkers?

16. Ons en die mense wat die stene maak, kry nie meer strooi vir die werk nie. Maar u verwag dat ons nog net soveel stene moet maak soos voorheen. Die mense wat oor die werk toesig hou, word selfs geslaan. Intussen lê die skuld by u eie mense.”

Eksodus 5