4. Maak ook ’n rooster van koper vir die altaar. Sit vier koperringe daaraan vas waardeur drastokke vir die altaar gesteek kan word.
5. Sit die rooster aan die boonste helfte van die altaar vas sodat dit tot bo by sy rand kom. Sit ook die koperringe op die hoeke van die altaar vas.
6. Maak drastokke van akasiahout vir die altaar en trek dit oor met koper.
7. Wanneer die altaar gedra moet word, moet die drahoute deur daardie ringe gesteek word sodat vier mense, twee aan elke kant, dit kan dra.
8. Soos Ek vir jou op die berg gewys het, is die altaar ’n houtkis wat binne hol is.”
9. “Jy moet vir die tent ook ’n binnehof maak. Dit is ’n vierkantige lapa met fyn linnemure. Aan die suidekant moet dit 44 meter lank wees.
10. Die materiaal moet aan hakies en horisontale gordynstokke van silwer hang. Die gordynstokke is vas bo-op regop pale. Daar is twintig pale en elkeen staan op ’n kopervoetstuk.
11. Aan die teenoorstaande noordekant is die muur presies net so lank. Daar is ook net soveel regop pale op kopervoetstukke as aan die eerste kant. Die linnemuur hang ook aan silwerhakies.