Deuteronomium 9:26-29 Die Boodskap (DB)

26. Maar ek het vir julle gebid en gesê: ‘Almagtige God, moet tog nie u eie mense uitwis nie. Moet tog nie die mense wat U so kragdadig uit Egipte se swaarkry gered het, verwoes nie.

27. Dink aan Abraham, Isak en Jakob vir wie U lief was en vergeef Israel se hardkoppigheid en sonde.

28. As U hulle uitwis, sal die Egiptenaars net sê dit is omdat U hulle nie in die land kon inbring wat U aan hulle beloof het nie. Of dat U hulle so gehaat het dat U hulle doelbewus woestyn toe gevat het om hulle daar te laat doodgaan.

29. Here, Israel is u eiendom. U het hulle met u groot krag uit Egipte gaan haal. Daarom, Here, moet hulle tog nie nou verwoes nie.’”

Deuteronomium 9