Deuteronomium 4:20-24 Die Boodskap (DB)

20. Julle is tog anders, want die Here het julle uit die slegte situasie van Egipte uitgelei. Hy het julle sy eie gemaak. Julle moet niemand anders dien nie.

21. Omdat julle alreeds so baie dinge verkeerd gedoen het, het die Here vir my kwaad geword en gesê ek sal nooit die Jordaan oorsteek nie. Ek sal nooit die goeie land wat die Here aan julle beloof het, binnegaan nie.

22. Ek sal duskant die Jordaan sterf, maar julle sal ingaan en in die goeie land gaan woon.

23. Julle moenie nou die Here vergeet en julle verhouding met Hom afskeep nie. Julle moet nooit ’n beeld van die Here probeer maak nie, want Hy het dit uitdruklik verbied.

24. Onthou, die Here is soos ’n vuur wat alles vernietig. Hy duld geen afgode nie.

Deuteronomium 4