Deuteronomium 13:10-14 Die Boodskap (DB)

10. Dié mense het jou van die God probeer vervreem wat jou uit Egipte laat wegtrek het. Daarom moet hulle uit die gemeenskap verwyder word.

11. Almal sal hoor wat met daardie slegte mense gebeur het en dit sal hulle afskrik om nie weer so iets te doen nie.

12. “Indien mense oor een van die dorpe in die nuwe land wat die Here vir jou gee, slegte dinge begin vertel,

13. en as hulle sê dat slegte mense die dorp se inwoners probeer oorreed om vreemde gode te aanbid,

14. moet jy die saak baie deeglik ondersoek. As die gerugte waar is,

Deuteronomium 13