26. “Dan sal die hemelse hof besluit genoeg is genoeg, en die oordeel oor hom uitspreek. Hulle sal al sy mag van hom af wegneem en hom totaal en al vernietig.
27. Dan sal die alleenheerskappy, die mag en die rykdom van al die koninkryke van die wêreld aan die mense gegee word wat aan die Allerhoogste behoort. Hulle sal vir altyd regeer en al die heersers van die wêreld sal God dien en gehoorsaam.
28. “Hier eindig die visioen wat ek, Daniël, gesien het. Ek was baie omgekrap hieroor, ek het my skoon bleek geskrik. Maar ek het met niemand hieroor gepraat nie.”