4. Toe het ’n aankondiger hard uitgeroep: “Mense van alle volke, nasies en taalgroepe, hierdie is die koning se bevel:
5. Sodra julle die trompette, fluite, siters, liere, harpe en ander blaas- en musiekinstrumente hoor, moet julle voor die goue beeld kniel wat koning Nebukadnesar laat maak het en dit aanbid.
6. Enigeen wat weier om die beeld te aanbid sal dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi word.”
7. Daarom het al die volke, nasies en taalgroepe, toe hulle die blaas- en musiekinstrumente hoor speel, voor die beeld gekniel wat koning Nebukadnesar laat oprig het en dit aanbid.