9. Ek het gesê dat die Israeliete tussen die nasies ingegooi moet word. Hulle moet onder die nasies rondgeskud word soos koring in ’n sif geskud word. Maar daar mag nie een enkele korreltjie uit die sif val en op die grond beland nie.
10. Maar almal uit my volk wat sonde doen, sal met die swaard doodgemaak word, almal wat sê: ‘Die onheil sal ons nie tref nie.’”
11. “Die dag sal kom waarop Ek die huis van Dawid heel sal maak. Soos ’n mens ’n murasie herstel om dit weer ’n huis te maak om in te woon, sal Ek die gate in die muur toestop. Ek sal die mure weer opbou. Ek sal dit herstel om weer te lyk soos dit vroeër gelyk het.