Amos 9:6-9 Die Boodskap (DB)

6. Die Here bou vir Hom ’n solder bo in die hemel. Hy maak sy kelder onder op die aarde. Hy roep die see bymekaar en Hy giet reën uit oor die aarde. Sy Naam is “Die Here”.

7. “Dink die Israeliete dat hulle vir My belangriker is as die Etiopiërs?” vra die Here. “Ek het wel Israel uit Egipte laat wegtrek. Maar Ek het net so die Filistyne uit Kreta laat kom en die Siriërs uit Kir.”

8. My Heer, die Here, hou die koninkryk dop wat so in die sonde verval het. “Ek sal hom laat wegraak,” sê die Here, “maar Ek is glad nie van plan om die nageslag van Jakob heeltemal uit te wis nie.

9. Ek het gesê dat die Israeliete tussen die nasies ingegooi moet word. Hulle moet onder die nasies rondgeskud word soos koring in ’n sif geskud word. Maar daar mag nie een enkele korreltjie uit die sif val en op die grond beland nie.

Amos 9