12. Kan perde oor rowwe rotse galop? Kan ’n mens die see met osse omploeg? Natuurlik nie! Maar julle het reggekry wat ander mense nie kan doen nie. Julle het van dit wat goed en reg is iets giftigs gaan maak. Wat regverdig was, het julle iets gemaak wat verkeerd is.
13. Julle is bly oor ’n plekkie soos Lo-Dabar, wat eintlik niks beteken nie. Julle spog dat julle met julle horings en julle eie krag Karnajim (wat “horings” beteken) ingeneem het.
14. “Maar kyk wat gaan gebeur wanneer Ek ’n ander volk bring om oor julle te heers, Israel,” sê die Here, die God wat so sterk is, “hulle gaan julle onderdruk van Lebo-Hamat in die noorde af tot by Arabaspruit in die suide.”