1. My liewe seun, al die goeie dinge wat God jou so onverdiend gee omdat jy ’n Christen is, moet jou motiveer en sterk laat staan.
2. Jy en baie ander het gehoor wat ek alles oor die Christelike dinge vertel het. Vertel dit nou weer vir mense wat jy kan vertrou sodat hulle dit weer vir ander kan vertel.
3. Ons kan sê jy is soos ’n soldaat van Christus. ’n Soldaat van Christus sal nie omgee om saam met die ander soldate swaar te kry vir Christus nie.