4. Die koning vra: “Waar is hy?”“Hy bly daar in Lo-Dabar,” sê Siba, “by Makir, Ammiël se seun.”
5. Koning Dawid het mense na Lo-Dabar toe gestuur en hom by Makir se huis laat haal.
6. Toe Mefiboset, Jonatan se seun en Saul se kleinseun, by Dawid kom, het hy met sy gesig teen die grond gebuig.Dawid vra hom: “Is jy Mefiboset?”“Ja, dis ek. Ek is tot u diens,” antwoord hy.
7. Dawid sê vir hom: “Moenie bang wees nie. Ek sal vir jou net goed wees omdat ek en jou pa, Jonatan, sulke goeie vriende was. Ek gaan al jou oupa Saul se grond vir jou teruggee, en jy kan altyd by my kom eet.”
8. Hy het weer teen die grond gebuig en gesê: “U Majesteit, ek weet nie hoekom u dit vir my doen nie, want ek is niks meer werd as ’n dooie hond nie.”
9. Dawid het toe vir Siba, die man wat vir Saul gewerk het, gesê: “Siba, ek gee nou al die grond en goed van Saul, jou vorige baas, en van sy familie vir hierdie kleinkind van hom.
10. Jy en jou seuns en jou werkers moet die grond vir hom bewerk en vir hom oes sodat daar vir hom genoeg is om van te lewe. Mefiboset self kan altyd by my eet.”(Siba het vyftien seuns en twintig werkers gehad.)