1. Joab, Seruja se seun, het agtergekom dat die koning nog steeds iets teen Absalom het.
2. Joab laat haal toe ’n slim vrou uit Tekoa en sê vir haar: “Maak of een van jou mense dood is en trek rouklere aan. Moenie enige parfuum of grimering aansit nie. Dit moet lyk of jy al lank huil oor ’n familielid wat dood is.
3. Gaan dan na die koning toe en sê vir hom só.” Hy sê toe vir haar presies wat sy moet sê.