2 Kronieke 17:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Asa se seun Josafat het hom opgevolg.Josafat het sy leër sterker gemaak om teen Israel te kan veg.

2. Hy het soldate in die sterk stede in Juda geplaas en wagposte oral in Juda opgestel, asook in die dorpe van Israel wat sy pa gevat het.

3. Die Here het Josafat gehelp, want hy het die voorbeeld van sy pa se vroeë jare gevolg. Hy het hom nie met die Baäls, die gode van die Kanaäniete, opgehou nie.

2 Kronieke 17