1. Salomo, Dawid se seun, het sy greep op die koningskap versterk. Die Here sy God het hom gehelp en hom al hoe sterker gemaak.
2. Salomo het toe al die leiers van Israel, die hoër en laer offisiere, die regters, die politieke leiers en die familiehoofde bymekaargeroep.
3. Hulle het almal na die hoogte op die berg by Gibeon gegaan. Dit is die plek waar die tent destyds gestaan het waar die Here sy volk ontmoet het. Dit is die tent wat die Here se dienaar Moses nog in die woestyn gemaak het.
4. Die ark met die ooreenkoms tussen God en sy volk was egter nie daar nie. Dawid het die ark uit Kirjat-Jearim na Jerusalem laat bring en dit in ’n tent neergesit wat hy spesiaal daarvoor opgeslaan het.