2 Korintiërs 6:1-4 Die Boodskap (DB)

1. As God se medewerker en verteenwoordiger hier op aarde wil ek nou ’n ernstige versoek tot julle rig: moet asseblief nie die genade wat God aan julle bewys, ignoreer nie.

2. Hoor net wat sê Hy in die Bybel:“Op presies die regte oomblik het Ek jou hulpkreet gehoor. Daardie dag toe jy My bitter nodig gehad het, het Ek jou gehelp.”Wel, dit is nou weer sulke tyd. God se tyd van redding is hier. Vandag is die dag! Moenie hierdie geleentheid deur julle vingers laat glip nie.

3. Wat my eie werk betref: ek wil nie hê dat ander mense beswaar moet hê teen wat ek doen nie. Ek doen my bes om te keer dat so iets gebeur. Daarom vertel ek julle graag waaroor my werk en dié van my helpers presies gaan.

4. Ons getuigskrif is dat ons in alle omstandighede op ons pos bly as God se diensknegte. Kyk net watter moeilike omstandighede moes ons al ter wille van ons geloof verduur:

2 Korintiërs 6