2 Korintiërs 11:1-2 Die Boodskap (DB)

1. Ek wil julle nou iets snaaks vra. Sal julle omgee as ek my vir ’n rukkie soos ’n dwaas gedra? Net so ’n paar oomblikke?

2. Julle weet ek gee verskriklik baie om vir julle. Met ’n ywer wat van God af kom, wil ek julle oppas en beskerm. Ja, ek het as’t ware die verlowing tussen julle en Christus gereël. Daarom is dit ook my plig om julle eendag soos ’n bruid aan Christus af te gee. En ek wil julle soos ’n jongmeisie wat nog nie seksuele gemeenskap met ’n man gehad het nie, na haar bruidegom toe vat. Skoon en rein.

2 Korintiërs 11