3. Maar hy het nie alles reg gedoen nie. Hy het aangehou om die verkeerde dinge te doen waarmee koning Jerobeam begin het.
4. Koning Mesa van Moab en sy mense was skaapboere. Hulle het jaarliks belasting van 100 000 lammers en 100 000 skape se wol aan Israel betaal. Dit was die bewys van hulle lojaliteit aan Israel.
5. Ná Agab se dood het Mesa teen Israel gerebelleer.
6. Joram het dadelik saam met sy soldate van Samaria af vertrek om teen die Moabiete te gaan veg.
7. Hy het ook vir Josafat, koning van Juda, ’n boodskap gestuur: “Die koning van Moab het teen my in opstand gekom. Sal jy saam met my teen die Moabiete gaan veg?” Josafat het geantwoord: “Natuurlik gaan ek saam. Ons is bondgenote. Jy kan my soldate en perde by joune tel.”