4. Elia sê toe vir Elisa: “Bly hier, want die Here stuur my Jerigo toe.” Elisa het weer geantwoord: “So seker as die Here en u leef, ek sal u vir seker nie alleen laat gaan nie.” Hulle het toe Jerigo toe gegaan.
5. ’n Groep profete wat in Jerigo gewoon het, het vir Elisa gevra: “Weet jy dat die Here vandag jou leier na Hom toe gaan wegneem?” Hy het toe weer geantwoord: “Natuurlik weet ek dit, maar moenie daaroor praat nie!”
6. Elia sê toe ’n derde keer vir Elisa: “Bly hier, want die Here stuur my na die Jordaanrivier toe.” Elisa het weer geantwoord: “So seker as die Here en u leef, ek sal u vir seker nie alleen laat gaan nie!” Die twee van hulle het toe vertrek.
7. ’n Groep van omtrent 50 profete het hulle gevolg en op ’n afstand gekyk wat hulle by die rivier doen.