2 Konings 16:18-20 Die Boodskap (DB)

18. Om sy ondergeskiktheid aan die Assiriese koning te bewys, het Agas die oordekte gang wat vroeër by die tempel aangebou is en net deur die koning op die sabbatdae gebruik is, laat afbreek. Hy het ook die spesiale koninklike ingang tot die tempel laat toemaak.

19. Die res van Agas se geskiedenis word vertel in Die lewe en werk van al Juda se konings.

20. Na sy dood is Agas by sy voorvaders in die Stad van Dawid begrawe. Sy seun Hiskia het hom opgevolg.

2 Konings 16