2 Konings 11:13-17 Die Boodskap (DB)

13. Toe Atalia die geraas buite hoor, het sy na die mense in die tempel toe gegaan.

14. Daar sien sy toe die koning op die gebruiklike plek, met die leiers en trompetblasers rondom hom. Die mense was uitbundig en die trompette is geblaas. Atalia was geskok en het haar klere geskeur en ontsteld uitgeroep: “Dis verraad! Verraad!”

15. Jojada het vir die leëroffisiere gesê: “Vang haar en vat haar weg uit die tempel uit! Moet haar nie hier in die Here se tempel doodmaak nie. Maak enigeen wat haar probeer help, dood!”

16. Hulle het Atalia deur die Perdepoort na die paleis geneem en haar daar doodgemaak.

17. Hierna het Jojada die priester ’n paar ooreenkomste gesluit:tussen die Here en die koning en die volk - dat hulle die Here sal dien;tussen die koning en die volk.

2 Konings 11