1 Kronieke 27:31-34 Die Boodskap (DB)

31. Die toesighouer oor die kleinvee was die Hagareër Jasis. Hulle was almal toesighouers oor koning Dawid se besittings.

32. Jonatan: Dawid se oom en raadgewer, ’n baie verstandige en geleerde man; Jegiël, Gakmoni se seun: die onderwyser van die koning se kinders;

33. Agitofel: die raadgewer van die koning; Gusai die Arkiet: die koning se vriend;

34. (Agitofel is later opgevolg deur Jojada, Benaja se seun en deur Abjatar); Joab: die koning se leërhoof.

1 Kronieke 27