1 Kronieke 27:24-30 Die Boodskap (DB)

24. Joab het met die sensus begin, maar dit nie klaargemaak nie, want dit het die Here se woede teen Israel laat uitbars. Daarom is die finale getal nooit in koning Dawid se boeke aangeteken nie.

25. Die toesighouer oor die koning se skatte was Asmawet, Adiël se seun.Die toesighouer oor die koning se skatte op die platteland, in die stede, dorpe en vestings was Jonatan, Ussia se seun.

26. Die toesighouer oor die landbouers wat die koning se lande bewerk het, was Esri, Kelub se seun.

27. Die toesighouer oor die wingerde was Simi, afkomstig uit Rama. Die toesighouer oor die wynvoorrade in die wingerde was Sabdi, afkomstig uit Sefam.

28. Die toesighouer oor die olywe en wildevye in die Laeveld was Baäl-Ganan, afkomstig uit Geder. Die toesighouer oor die olievoorrade was Joas.

29. Die toesighouer oor die vee wat in Saron gewei het, was Sitrai afkomstig uit Saron. Die toesighouer oor die vee in die valleie was Safat, Adlai se seun.

30. Die toesighouer oor die kamele was die Ismaeliet Obil. Die toesighouer oor die donkies was Jegdeja, afkomstig uit Meronot.

1 Kronieke 27