12. Kehat se vier seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.
13. Amram se seuns was Aäron en Moses. Aäron en sy nageslag is vir altyd afgesonder om die heilige werk in die Allerheiligste te doen, om vir die Here wierookoffers te bring, om Hom te dien en om in sy Naam die seën oor die volk uit te spreek.
14. Moses, die man van God, se nageslag is as deel van die stam Levi gereken.
15. Moses se seuns was Gersom en Eliëser.
16. Subael was die leier van die nageslag van Gersom.
17. Regabja, Eliëser se enigste seun, was die leier van die nageslag van Eliëser. Alhoewel Eliëser self nie ander seuns gehad het nie, het Regabja baie gehad.
18. Selomit was die leier van Jishar se nageslag.