2. Dawid het ook die Moabiete verslaan. As sy onderdane moes hulle aan Dawid belasting betaal.
3. Dawid het ook vir Hadad-Eser van Soba tot so ver as Hamat verslaan. Hadad-Eser was juis op pad om sy greep op die gebied langs die Eufraatrivier te versterk.
4. Dawid het 1 000 strydwaens vir hom gevat, asook 7 000 man van die strydwabemanning en 20 000 voetsoldate. Hy het al die perde, behalwe 100, se hakskeensenings afgekap sodat hulle nie kon werk nie.
5. Die Arameërs van Damaskus het vir Hadad-Eser kom help, maar Dawid het 22 000 van hulle doodgemaak.