1 Kronieke 14:6-9 Die Boodskap (DB)

6. Noga, Nefeg, Jafia,

7. Elisama, Eljada en Elifelet.

8. Toe die Filistyne hoor dat Dawid koning geword het oor die hele Israel, het hulle almal reggemaak vir oorlog en vertrek om hom te gaan vang. Dawid het verneem dat hulle op pad was en hy en sy soldate het hulle tegemoetgegaan.

9. Die Filistyne het hulle magte in die Refaimvallei ontplooi.

1 Kronieke 14