8. Jy moet vir die mense reg leer, niemand moet daaroor kan praat en sê dit is verkeerd nie. Dan sal ons vyande skaam word en hulle sal nie slegte dinge oor ons kan sê nie.
9. Jy moet vir slawe sê dat hulle alles moet doen wat hulle eienaars wil hê, hulle moet goed werk sodat hulle eienaars tevrede sal wees. En die slawe moenie kla wanneer die eienaars iets vir hulle sê nie.