Spreuke 9:10-13 Bybel vir Almal (ABA)

10. Wanneer jy die Here respekteer en dien,dan begin jy wysheid kry.Wanneer jy die heilige God ken,dan is jy verstandig.

11. As jy wysheid het, dan sal jy lank lewe,jy sal baie jare lank lewe.

12. As jy wysheid het,dan sal jou wysheid altyd vir jou help.As jy iemand is wat altyd wil spot,dan sal niemand jou help nie.

13. Die dwaasheid is soos ’n vrouwat hard praat,sy het nie mooi maniere nie,sy weet baie min,sy weet nie hoe om iets reg te doen nie.

Spreuke 9