Spreuke 3:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. My seun, jy moenie vergeetwat ek vir jou leer nie,jy moet onthou wat ek vir jou sê,

2. want dan sal jy lank leween dit sal goed gaan met jou.

3. Jy moet altyd doen wat jy belowe het,jy moet jou belofte houen dit nie verander nie,jy moet dit jou hele lewe lank onthou,jy moet dit nooit vergeet nie.

4. Dan sal God en die mense van jou hou,en dit sal goed gaan met jou.

5. Jy moet met jou hele hart glodat God jou altyd sal help,jy moenie dink dat jy self weetwat om te doen nie.

Spreuke 3