Spreuke 29:8-12 Bybel vir Almal (ABA)

8. Persone wat altyd wil spot,maak die mense in ’n stad kwaad, wyse mense laat daar weer vrede kom.

9. Wanneer ’n wyse mens ’n dwaas beskuldig,dan hou die dwaas aan om te raasen om die wyse mens te beledig.

10. Moordenaars haat iemandwat heeltemal reg lewe,maar eerlike mense probeer om so ’n persoonse lewe te red.

11. Wanneer ’n dwaas kwaad is,dan sê hy alles wat hy dink,’n wyse mens bly kalm.

12. Wanneer ’n koning luister na leuens,dan sal almal wat vir hom werk,mense wees wat verkeerd doen.

Spreuke 29