Spreuke 27:23-26 Bybel vir Almal (ABA)

23. Jy moet weet wat jou skape en bokke nodig het,jy moet weet hoe dit met die troppe diere gaan,

24. want alles wat jy het, kan verdwyn,en ’n koning se nageslag kan ophou regeer.

25. Wanneer jy die gras afgesny het,en dit begin weer groen word,wanneer jy die gras op die bergebymekaargemaak het,

26. dan sal jy klere kan maak van die skape se wolen jy sal bokke kan verkoop om grond te koop.

Spreuke 27