Spreuke 21:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die dinge wat die koning dink,is vir die Here soos ’n stroom water,die Here lei die stroom waar Hy wil.

2. ’n Mens dink miskien dat alles wat hy doen,reg is, maar die Here weet wat ’n mens dink,Hy weet of dit reg is.

3. Die Here hou meer van iemand wat reg leween reg doen as van iemand wat offer.

4. Mense wat verkeerd doen,dink dat hulle belangrik is en dat hulle baie weet.Dit is hulle sonde.

5. Wanneer flukse mense planne maak, dan word hulle ryk,maar almal wat te haastig is, sal arm word.

6. Wanneer mense baie dinge hetomdat hulle ander mense bedrieg het,dan verdwyn dit soos wind, en die mense sterf gou.

Spreuke 21