Sefanja 1:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die Here sê:“Op daardie dag sal Ekdie amptenareen die prinse straf,almal wat klere dra van ander lande.

9. Ek sal almal strafwat nie by die tempel se deurinloop nie, maar wat daar inspringsoos die heidene altyd doen.Ek sal almal strafwat wrede dinge doen aan mense.Hulle steel die mense se goeden dan bring hulle die gesteelde goedna die tempel van hulle Koning,die Here.”

10. Die Here sê:“Daardie dag sal hulle hoorhoe roep die menseby die Vis-poort,hulle sal hoor hoe huil die mensein die Tweede Stad.Hulle sal hoorhoe die heuwels stukkend breek.

11. Mense wat in die Vysel woon,julle moet huil,want die handelaars sal sterf.

12. Op daardie dagsal Ek al die mense soekwat in Jerusalemin die donker wegkruip,die mense wat tevrede isen dink hulle het niks nodig nie.Ek sal hulle straf.Hulle is die mense wat sê:‘Die Here sal niks doen nie,nie iets wat goed isof iets wat sleg is nie.’

13. Vyande sal hierdie ryk mensese goed wegvaten hulle huise afbreek.Hulle sal weer huise bou,maar hulle sal niein die huise woon nie.Hulle sal wingerde plant,maar hulle sal nie druiwe kryom wyn te maak nie.”

Sefanja 1