1. Die Here wat oor alles regeer, het met Sagaria gepraat.
2. Hy het gesê: “Ek is baie lief vir die stad Jerusalem, en Ek is baie kwaad vir die vyande wat Jerusalem verwoes het.
3. En nou sê Ek: Ek sal terugkom na Jerusalem en Ek sal weer daar woon. Die mense sal sê Jerusalem is die stad waar die mense doen wat die Here wil hê, en hulle sal sê die berg van die Here wat oor alles regeer, is die gewyde berg.”
11-12. Maar Ek sal dit nie nou weer doen nie. Dit sal nou goed gaan met die mense wat nog lewe. Daar sal druiwe wees aan die wingerdstokke en koring op die lande. Die dou uit die lug sal die grond natmaak. Ek sal dit alles gee vir die mense wat nog lewe.