Sagaria 14:3-7 Bybel vir Almal (ABA)

3. Maar dan sal die Here teen daardie volke oorlog maak soos Hy voorheen gedoen het.

4. Die Here sal daardie dag staan op die Olyf-berg wat oos van Jerusalem is, en die Olyf-berg sal oopskeur. Een helfte van die berg sal beweeg na die noorde toe en die ander helfte sal beweeg na die suide toe. Dan sal daar ’n groot kloof wees, van oos na wes.

5. Die kloof sal wees tot by die stad Asal. Die mense van Jerusalem sal deur die kloof vlug soos hulle gevlug het toe daar ’n aardbewing was in die tyd toe Ussia die koning van Juda was. Dan sal my God die Here kom, en die engele sal saam met Hom kom.

6. Daardie dag sal die son nie in die oggend begin skyn nie, en dit sal nie koud wees nie.

7. Dit sal dag bly, daar sal nie dag en nag wees nie, dit sal altyd lig wees, ook wanneer dit aand is. Die Here weet dat dit sal gebeur.

Sagaria 14