20. Daardie dag sal die mense skryf op die klokkies aan die perde se tuie. Hulle sal skryf: “Gewy aan die Here.” Die potte in die tempel sal gewy wees, soos die bakke by die altaar.
21. Al die potte in Jerusalem sal gewy wees aan die Here wat oor alles regeer. Almal wat wil offer, sal kom en hulle sal party van die potte vat. Hulle sal die vleis vir die ete-offers in die potte kook. Daar sal nie weer iemand in die tempel wees wat goed koop en verkoop nie.