8. “Daardie dag sal Ek die mense beskerm wat in Jerusalem woon. Die swakste mens in Jerusalem sal soos koning Dawid wees, en die koning sal wees soos ’n engel uit die hemel. Dit sal lyk of die Engel van die Here voor hulle loop.
9. “So sal Ek daardie dag begin om al die volke dood te maak wat altyd kom oorlog maak teen Jerusalem.
10. Maar Ek sal die nageslag van koning Dawid en die mense van Jerusalem laat jammer word oor wat hulle gedoen het. Hulle sal na My toe opkyk en bid. Hulle sal huil en treur oor die man wat hulle doodgesteek het met ’n spies. Hulle sal oor hom treur en huil soos iemand wat treur oor sy enigste kind wat dood is. Hulle sal huil oor hom soos iemand wat huil oor sy oudste kind wat dood is.
11. “Daardie dag sal die mense in Jerusalem so baie treur soos die mense in die Megiddo-vallei treur oor die afgod Hadad-Rimmon.
12. Al die mense in die land sal treur. Elke familie sal treur, al die mans saam, en al die vroue saam. Die nageslag van Dawid sal treur, ook die nageslag van Natan,