3. “Dit is wat sal gebeur: Daardie dag sal Ek Jerusalem soos ’n groot klip laat word vir al die volke. Elkeen wat die klip wil optel, sal baie seerkry. Al die volke van die aarde sal probeer om oorlog te maak teen Jerusalem,
4. maar daardie dag sal Ek die perde laat skrik. Die manne wat op die perde ry, sal nie weet wat om te doen nie. Ek sal die mense van Juda beskerm, maar Ek sal die ander volke se perde blind laat word.
5. Dan sal die leiers van Juda dink: Die mense van Jerusalem kan so goed oorlog maak omdat die Here hulle help, die Here wat oor alles regeer.
6. “Daardie dag sal Ek dit so laat gebeur dat die leiers van Juda soos vuur onder hout is, of soos vuur tussen droë koring-gerwe. Hulle sal die ander volke rondom hulle doodmaak, en die mense van Jerusalem sal bly waar hulle was.
7. Ek sal die mense van Juda eerste red. Ek sal dit doen, want dan sal die koning van die nageslag van Dawid en die mense van Jerusalem nie dink hulle is beter as die mense van Juda nie.