Romeine 9:21-24 Bybel vir Almal (ABA)

21. Jy kan ook dink aan ’n pottebakker. ’n Pottebakker kan enige iets van sy klei maak, enige iets wat hy wil. Hy kan van dieselfde stuk klei een ding maak wat baie spesiaal is en hy kan ’n ander ding maak wat nie spesiaal is nie.

22. God doen dieselfde: Daar is party mense vir wie God moes gestraf het, en Hy wou hulle straf. God wou wys hoe sterk Hy is. Ja, Hy moes hulle gestraf het, Hy moes hulle vir altyd laat sterf het, maar Hy was geduldig, Hy het hulle nie gestraf nie.

23. Hy het hulle nie gestraf nie, want Hy wou hê almal moet weet dat Hy, die Koning, baie goed is vir die mense wat Hy gereedgemaak het om eendag ook soos konings te wees.

24. Hy het ons ook gereedgemaak. Ja, God het ons gekies om aan Hom te behoort, Hy het ons gekies uit die Jode en ook uit die heidene.

Romeine 9