Romeine 16:3-8 Bybel vir Almal (ABA)

3. Ek stuur groete vir Priska en Akwila. Hulle werk saam met my vir Christus Jesus.

4. Hulle het my lewe gered, maar hulle het toe amper self gesterf. Ek en die gemeentes van die heidene sê dankie dat hulle my lewe gered het.

5. Ek stuur ook groete vir die gemeente wat bymekaarkom in die huis van Priska en Akwila.Ek stuur groete vir my goeie vriend Epenetus. Hy was die eerste persoon in Asië wat in Christus begin glo het.

6. Ek stuur groete vir Maria. Sy het baie hard vir julle gewerk.

7. Ek stuur groete vir Andronikus en Junias. Hulle is ook Jode soos ek en hulle was saam met my in die tronk. Hulle is belangrike apostels en hulle het in Christus geglo voordat ek in Hom geglo het.

8. Ek stuur groete vir my liewe Ampliatus. Hy behoort ook aan die Here.

Romeine 16