13. God laat mense aanhou hoop. Ek bid dat Hy vir julle bly sal maak en dat Hy vir julle vrede sal gee, vir julle wat glo. Dan sal die Heilige Gees vir julle krag gee, en julle sal baie seker wees dat die dinge wat julle hoop, sal gebeur.
14. Vriende, ek is baie seker dat julle baie goeie dinge doen vir mekaar, julle weet alles wat julle moet weet en julle kan vir mekaar leer om reg te lewe.
15. Maar ek het op party plekke in hierdie brief baie reguit met julle gepraat. Party van julle sal nie daarvan hou nie, maar ek wil hê julle moet onthou wat God vir julle gedoen het. God was baie goed vir my