10. Hulle stuur toe 12 000 van hulle beste manne en sê vir hulle: “Julle moet die mense van Jabes-Gilead gaan doodmaak, die vroue en kinders ook.
11. Julle moet elke man of seun doodmaak, ook al die vroue wat seks gehad het met ’n man.”
12. Die manne het tussen die mense van Jabes-Gilead 400 jongmeisies gekry wat nog nie by ’n man geslaap het nie, en hulle het die meisies na die kamp in Silo gebring in die land Kanaän.
13. Toe stuur die Israeliete boodskappers na die Benjamin-mense by die Rimmon-rots en sê hulle kan terugkom.
14. Die Benjamin-mense het teruggegaan en die Israeliete het vir hulle die vroue gegee wat van Jabes-Gilead gekom het. Maar daar was nie genoeg vroue nie,
15. en die Israeliete was jammer oor die Benjamin-stam, want die Here het een stam weggevat uit die volk Israel.
16. Die leiers van die volksvergadering het vir mekaar gevra: “Wat kan ons doen sodat die Benjamin-mense wat oorgebly het, ook vroue kan kry? Want in die Benjamin-stam is daar nie vroue wat nog lewe nie.”