1. ’n Psalm.Julle moet vir die Here ’n nuwe lied sing,want Hy het wonderwerke gedoen.Hy is sterk, Hy het self oorwin,niemand het Hom gehelp nie.
2. Die Here het gewys dat Hy oorwin het,Hy het die volke laat sien dat Hy reg doen.
3. Hy het weer gedoen wat Hy belowe het,Hy het dieselfde gebly vir die volk Israel.Die mense oral op die aarde het gesiendat ons God oorwin het.
4. Al die mense op die aarde,julle moet juig vir die Here,julle moet begin, julle moet sing,julle moet musiek maak.